Goue lint my storie begint: Lees is vir ons kinders – én vir die lekker – vir almal

“Ons kan tot ’n mate die verpligte lees vir skooldoeleindes as ’n teenreaksie beskou op hierdie verval van lees teenoor die instant gratification wat ’n rekenaarspeletjie aan ’n jong brein verskaf. Die probleem hiermee is dat dit kinders net nog meer rede gee om nie van lees te hou nie. Dit word as “werk” of “huiswerk” gesien wat hulle móét doen, en daarom is lees self sommer net niks lekker nie.”