Gordyn lig oor enkele dae vir My fair lady: ’n onderhoud met Graham Hopkins

Graham Hopkins gesels met Maryke Roberts oor My fair lady wat van 12 Desember tot 12 Januarie in die Kunstekaap Operahuis opgevoer word voor dit na Johannesburg en Durban reis: “Kuns is universeel en goeie kuns weerspieël die mensdom, onbeperk deur tyd en konteks. Ons moet ’n eng, hier-en-nou beoordeling van teater vermy.”