Gesondheidswaarskuwings en alkoholiese produkte

“Een manier waarop die bewustheid van verbruikers bevorder word, is om gesondheidswaarskuwings op die etikette van alkoholiese produkte aan te bring. Grummon en Hall noem verder dat die verbruiker daarop geregtig is om ingelig te word rakende die moontlike skadelike effekte van die produkte wat hul koop, sodat ingeligte besluite in verband met die verbruik daarvan geneem kan word.”