Geslagsgelykheid, algehele boedelskeiding en die regterlike herverdelingsdiskresie met egskeiding: die dilemma van huweliksboedelbeplanning vir voornemende gades wat boedelskeiding verkies en die vraag of die gebruik van trusts nog relevant is

“Hierdie herverdelingsdiskresie, vervat in artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979, is nie op alle huwelike van toepassing nie, maar slegs in gevalle waar die hof dit billik en regverdig ag en slegs in gevalle waar die armer gade, gewoonlik die vrou, direk of indirek bygedra het tot die groei van die ander gade se boedel.”