Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

“Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om ‘teen die grein’ en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie.”