Geroepe

“Hy bêre meneer Pannevis se opdrag in sy boekesak – versigtig dat dit nie moet vou nie – en glimlag by homself. Hy’t nog altyd gewonder hoe dit moet voel om aan die rand van iets merkwaardig te staan. Mens weet nooit. Miskien skryf hy wat Albert is, vandag nog die heel eerste Bybelvers in Afrikaans neer.”