Geloof en kennis by die vroeë Hegel

“Die vertrekpunt is die moderne ervaring van gespletenheid (Entzweiung), waarin geloof en kennis, subjek en objek, asook eindigheid en oneindigheid van mekaar vervreem raak. Waar die Middeleeue nog ’n geïntegreerde wêreldbeeld gebied het, word die moderne mens gekonfronteer met ’n wêreld van refleksiewe teenstellings.”