Geloftedag 2024: waarom die oplewing?

“Dat Geloftedag in 2024 nog gevier word, is nie ’n verrassing nie. Daar is ook min twyfel dat daar vir jare wat nog kom, Geloftefeeste gaan wees. Die vraag hier is eerder hóékom daar so ’n oplewing in dié viering is, en veral hoekom jongmense hierby aanklank vind na drie dekades van ’n nuwe bedeling.”