Franklin

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond. In Nathan Trantraal se dialoog Franklin vertolk Cantona James en Veronique Jephtas die rolle. Melissa Myburgh was in die regisseurstoel.