Foto’s en video’s: WAT stel T bekend op luisterryke T-partytjie

Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal het op 13 Oktober die amptelike bekendstelling gehou van die T-trajek, wat slegs aanlyn beskikbaar is. Op dié luisterryke T-partytjie is gepraat oor hoe omvattend T bewerk is, hoe variëteite van Afrikaans deur die WAT hanteer word, en wat die toekomsvisie van die WAT is.