For the love of the land: ’n onderhoud met Ivor Price en Kobus Louwrens

“Ons wou ’n boek vir gewone Suid-Afrikaners skryf. Die mense wat bedags by radiostasies inskakel omdat hulle omgee oor wat in die politiek en die ekonomie gebeur. Die mense wat so dikwels in die slaggat val om in lelike Twitter- en Facebook-gevegte oor landbou en grond betrokke te raak. Baie van hulle is mense wat nogtans daartoe verbind is om aan ’n beter Suid-Afrika te help bou.”