Etiese riglyne in praktiese onderwys: praktiese-onderwyskoördineerders se perspektief

“Hierdie studie het deontologie as onderliggende raamwerk gebruik, omdat hierdie etiekteorie voorstel dat mense respek vir wette en reëls het, en poog om dit na te kom. Die veronderstelling is dus dat onderwysstudente sal poog om etiek- en gedragskodes te volg, en dus eties sal optree tydens praktiese onderwys.”