Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing

“Epigenetika regverdig die herskryf van die moderne evolusieteorie. Dit ondersteun die oorerwing van verworwe eienskappe en werp nuwe lig op meganismes wat inligting kommunikeer vanaf die omgewing na die genoom, transkriptoom en proteoom.”