Emily Hobhouse se storie nou ’n nuwe, moderne toeriste-attraksie in Engeland

“Die Story of Emily is ’n nuwe historiese terrein, wel eintlik ’n ganse ervaring, wat uit 40 akker bestaan. Dit is geleë in die dorpie St Ive (uitgespreek Saint Eve) in Cornwall, naby Liskeard. Met jou hoëtegnologie-oorfone sal jy installasies, animasies, video’s en virtuele realiteit (VR) beleef, verryk met ou dekor, historiese foto’s en artefakte.”