Elders gesien: Gee die agbare minister Gayton McKenzie ’n kans om homself te bewys

“Daar sal nie weer belaglike pogings wees soos om die grootste vlag in Suid-Afrika in Pretoria teen groot onkoste op te rig of om die Afrikaanse Taalmonument se naam te verander nie. Ook sal hy Afrikaans as ’n inheemse taal erken en as ’n Afrikaanssprekende sy stem laat hoor teen die marginalisering van die taal.”