Elders gesien: Dahl se stories moet juis nie soet en voorbeeldig en prekerig vervelig wees nie

“Want as jy eers begin met sensuur, hoe goed bedoel en edel jou motiewe ook al is, eindig jy onvermydelik met óf boosheid óf die soort absurditeit wat Roald Dahl se boeke nou tref, waar karakters nie vet of lelik mag wees nie, waar alles soet en voorbeeldig en prekerig moet word.”