Eerste slukkie: Elisabet se oorlog deur Helene de Kock

“Die suidoos slaag daarin om al die spinnerakke uit Elisabet se kop te waai. Dae nadat Johannes haar die volgende oggend nog bietjie stug plegtig met die hand gegroet het, voel sy lig en vry. Skoon gewoed deur ’n woeste binnewind.”