Dry White: Nik Rabinowitz bly een van ons beste komediante

“Daar is geen twyfel dat Nik Rabinowitz weet hoe om gehore te vermaak nie – hy weet hoe om die laggolf te ry as hy die kol tref, maar weet ook om ’n ander rigting in te slaan en van die onderwerp af te stap as die gehoor nie met sy vertellinge tred hou nie.”