Drie vroue en 'n meisie deur Hans du Plessis: ’n resensie

“Drie vroue en ’n meisie is Hans du Plessis se nuutste roman en is onlangs deur LAPA uitgegee. Die keurige voorblad gee reeds ’n aanduiding van die belangrikste temas in hierdie roman, naamlik dat dit ’n verhaal is oor vroue, diamantdelwery, ’n ongenadige landskap en vooroordeel: ‘Vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie.'”