Dooie See: dodemars of omkeerstrategie?

“Die Dooie See-gebied ondervind deesdae ernstige omgewingsprobleme soos ’n afname in die watervlak, toenames in die soutgehalte van die water en die ontstaan van sinkgate op die oewer. Dit is van kardinale belang om die oorsaaklike faktore van die verskynsels te ondersoek en doeltreffende aksieplanne saam te stel om die Dooie See en die Jordaanrivier-skeurvallei as natuurlike bates te bewaar en doeltreffend in stand te hou.”