DJ van Niekerk: 1928–2022

“Met die afsterwe van Danie van Niekerk het grasie uit die wêreld gegaan. As daar een mens was van wie jy met reg kon sê hy was gedistingeerd, was dit hy. In die uitgewerswese sweef daar ’n frase rond wat af en toe vatplek op ’n individu kry: gentleman publisher. Dit was hy.” Lees Frederik de Jager se huldeblyk aan eertydse besturende direkteur van Tafelberg-Uitgewers hier.