"Dit is ’n vreeslose daad om eienaarskap van jou identiteit te neem"

“As ’n queer-persoon is dit gevaarlik om hierdie geweld – homofobie –  te konfronteer. Dit is ook gevaarlik om op te daag met die vermetelheid om, sonder twyfel, jouself te wees.  Ons probeer konstant om ons identiteit te onderhandel in spasies en gemeenskappe waar ons as stereotipes, sonder menslike ervaringe, verlaag word.”