Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg (CAB): Die dreigende gevaar wat Suid-Afrika se kunste kan knak

“Die fair use-leerstuk … word deur artikel 12A van CAB by ons reg geïnkorporeer. In wese beteken dit dat enige persoon of maatskappy byvoorbeeld groot dele van ’n boek kan herpubliseer of dit kan verwerk tot ’n film, sonder toestemming van die outeur, en bloot aanvoer dis ‘billike gebruik’. …[U]iteindelik is dit tyd dat individue se stemme gehoor word.”