Die waardigwording van moedertale in Suid-Afrika

“Die kultivering van moedertale is nie ’n hindernis nie, maar ’n politieke bestaansvoorwaarde vir Suid-Afrika. Meer as die gebruiklike post-1994 T-hemp-politiek en kitsoplossings in opvoeding soos die uitdeel van tablette (terwyl biblioteke verval) gaan nodig wees om die belangrike vraagstuk van taal in die onderwys aan te spreek.”