Die verskillende gesigte van Tom Ripley

“Die talle interpretasies van, en ’n moderne (her)besoek aan, Ripley in die gedaante van ’n neonoir minireeks hou verband met die geleidelike opbloei van die antiheld in die afgelope paar jaar se film- en televisieproduksies. Mens dink byvoorbeeld aan Breaking bad, The blacklist, of House of cards, waar die tradisionele (morele) held plek maak vir ’n donkerder argetipe in die gedaante van die antiheld.”