Die verkeerde krul: ’n bekentenis in vyf terugsendings

“Nie sommer ’n apostroof nie. Dié apostroof. Die ’n is ons taal se kleinste woord. Hy weeg minder as ’n doudruppel, maar dra ’n hele geskiedenis op sy rug. En hy is die enigste woord wat met ’n krul begin. Daardie krul moet na links buig, want dit is ’n weglatingsteken: die spook van een. En spoke, soos almal weet, kyk agtertoe.”