Die veranderende betekenis van die Voortrekkermonument: erfeniswins of erfenisverlies?

“Monumente word maklik die slagoffers van diegene met sienswyses wat verskil van dit wat die monument simboliseer. Gevolglik is daar sedert 1994 by die Voortrekkermonument pogings aangewend om persepsies van die publiek ten opsigte van die monument te verander.”