Die US se tweede konseptaalbeleid van 2021: Maskerspele, of groeiende paleisrevolusie?

“Een van twee verklarings is hiervoor moontlik. Die eerste is dat die US-bestuur uit radeloosheid ’n konsepbeleid vol smaaklike woorde vir die siedende breë Afrikaanse koalisie gegooi het. Die tweede, dwingende verklaring is dat daar opponerende kragte in die US-bestuur bestaan en dat die teenstrydighede tussen die aanhef en die operasionele bepalings hieraan toegeskryf kan word.”