Die transgender kind en skole se grondwetlike verpligting teenoor leerders

“Kundiges is dit eens dat die transgender kind se puberteitsfase vele uitdagings kan bied. Dié kinders voel soms dat hul liggame hulle as’t ware verraai in puberteit wanneer die verskyning van sekondêre seksuele kenmerke lei tot genderdisforie.”