Die tragedie van Rusland en Oekraïne

“Toe ek die perikoop aan die gemeente begin voorlees, het ek gebreek, want waar het ons beland as die land wat die Ortodoksie van sy ouer buurland ontvang het, daardie land binneval? … Al wat my oplaas te binnegeskiet het om wenend aan die einde van die liturgie vir my gemeente te sê, is: ‘Bid vir die vredemakers, maar bid ook vir die oorlogmakers.'”