Die tonge is los oor die DA se nuwe, jong(er) leierskap

“Die DA se 2026 Federale Kongres en die gepaardgaande leierskapsverkiesings is nou agter die rug – die gesprekke oor die uitkoms daarvan egter nog lank nie. En soos wat in LitNet se jongste Wyngaard Weekliks-videogesprek voorspel word, sou ras- en geografiese verteenwoordiging in die nuwe leierskapsamestelling ’n veelbesproke onderwerp bly – vooraf en agterna.”