Suidoosterfees 2018: Die toneelstuk NRNNSA, transformasie en die toekoms van teater: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer

“Rakende transformasie is daar baie belangrike en nodige dinge besig om te gebeur. Ons wat nou op universiteit saam met die Fallist-beweging grootword (dis nou onder andere die Fees Must Fall– en Rhodes Must Fall-bewegings), leef in ’n tyd waar ons nie kan bekostig om apaties te wees nie. Dinge is aan die gebeur, en ons sal moet luister en deelneem as ons aktiewe burgers wil wees. As ons ernstig is oor transformasie, sal ons moet saamwerk.”