Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen politici en skrywers

“Die persoon wat waarskynlik die meeste kan leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa, hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en politici.”