Die soet smaak van mondigwording

“Elke kleur, elke kultuur, elke ouderdom is daar. Hulle is in poniesterte en toetoes; in rolstoele en met krukke. Daar is blink rokke en hoĆ« hakke; daar is sweetpakbroeke en bont tekkies; daar is linnebroeke met dik witsool-seilskoene. Die gemene deler is die kunste; maar belangriker nog, die kunste in Afrikaans.”