Die soektog na ’n middeweg in die bekamping van wildmisdaad: ’n blik op bestaande reguleringsmaatreëls en die integrasie van aanvullende oplossings

“Wildmisdaad word allerweë beskou as een van die oorsake van biodiversiteitsverlies, en juis daarom verleen internasionale en nasionale beleidmakers voorrang aan dié kwessie op omgewingsagendas.”