Die siel van die akademie

“So pas is opgemerk dat sowel in die verhoor van Sokrates as in die verhoor van Christus nóg die goeie argument, nóg die veelseggende stilswye van die verhoorde genoeg was om sy onskuld te handhaaf en sy lewe gespaar te kry, en wel omdat die verhoordes die teiken van ’n ander agenda was. Ook Mandela en Breytenbach was by nabetragting die slagoffers van ’n ander agenda.” Lees Johann Rossouw se professorale intreerede aan die Universiteit van die Vrystaat.