Die rooi tekkies

“Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik.”