Die nuusmakers: Nuwe kykNET-dramareeks het tonge los

Rolanda Marais gesels met Maryke Roberts oor haar rol in die nuwe kykNET-reeks, Die nuusmakers: “Kykers soek iets vars. Ons het nog nooit so ’n aktuele drama gehad wat soveel politieke en sosiale waarhede van ons land aanspreek nie. Om ’n blik agter die skerms van ’n nuuskantoor te kry, om die gesprekke tussen joernaliste te sien – hoe besluit word wat nuuswaardig is en wat nie – is vir my baie fassinerend.”