Die metaversum: Web 3.0 en die opkoms van digitale leefwêrelde

Wat behels virtuele werklikheid? Werknemers kan in ’n virtuele kantoor werk waar hulle steeds gesprekke met kollegas kan voer. Mediese studente sal virtuele operasies kan uitvoer. Virtuele werklikheid kan afstandsleer meer interaktief maak deur studente se avatars in ’n klas te plaas waar hulle vrae kan vra en met ander studente kan saamwerk. Dit is ook in beginsel moontlik om ’n student in Wene in 1683 te plaas sodat hy of sy groot geskiedkundige gebeure kan ervaar. Taalstudente sal ook met moedertaalsprekers in gesprek kan tree en daardeur hul taalvaardighede opskerp. Burgert Senekal vertel meer.