Die lasbriewe van die Internasionale Strafhof en die kontinuïteit van die internasionale politiek

“Hoewel die versoek om lasbriewe teen Israelse staatsamptenare ’n nuwe verwikkeling is, moet die verwikkeling naas een van die konstantes van die internasionale politiek gelees word: Die opkoms en ondergang van groot moondhede het daadwerklike uitwerkings op die beoefening van die internasionale politiek.”