Die Lasarus-effek: RW (Roland) Schikkerling (1879–1944)

“Roly, soos hy deur vriende en familie genoem is, het as negentienjarige by die Boeremagte aangesluit. Hy was van die begin af baie realisties oor die Boere se kanse op ’n oorwinning. Op bladsy 2 van sy fantastiese dagboek sê hy: ‘Ek moet erken dat ek bloedmin hoop gehad het op ’n suksesvolle einde vir ons. Maar hoekom moet daar hoop wees?'”