Die laaste soen

“Hy het haar onlangs onverwags gesien in ’n winkelsentrum terwyl sy besig was om met ’n roltrap na onder te beweeg. Dekades het verloop en tog het hy haar herken. Sy het hom nie opgemerk nie en as sy ’n totale vreemdeling was, sou sy nie sy aandag getrek het nie; net ’n gewone ouer vrou tussen al die mense.”