Dié kosbare versameling is gered

“Dinsdagmiddag het Pippa Skotnes in ’n verklaring gesê dié kosbare versameling is gered. Ons sou basies niks van die San se gelowe, rituele, stories en intieme lewe met die omgewing geweet het as dit nie vir Wilhelm Bleek en sy skoonsuster Lucy Lloyd, en later een van Bleek se kinders, Dorothea Bleek, was nie. Hulle het die taal, kultuur, liedjies, kuns, poëtiese stories en persoonlike geskiedenis van die San in tientalle dagboeke en verslae opgeteken.”