Die koms en die vertrek van die oom: deel 2

“Hoe kan mens jou die verblindende skok van die twee jong mense wat hulle eersteling moes afgee, voorstel? Hoe sal iemand weet in watter oneindige stilte en leegheid hulle daar in hulle huis agterbly het? Want wat grootoupa geĆ«is het, het net so gebeur.”