Die koms en die vertrek van die oom: deel 1

“Ek en Annaleen ken mekaar al lank en ek kon nie onthou dat sy ooit vroeĆ«r van die oom gepraat het nie, nie eers een keer nie. Ek ken haar ma en tantes goed, want hulle woon op die dorp en kuier gereeld saam. Maar van hierdie oom het ek nog nooit gehoor nie. Waarom kom hy juis by Annaleen en Egbert bly? het ek gewonder.”