Die koevert op die tafel

“Almal van hulle is vreemdelinge. Ek ken hulle van g’n kant af nie. Almal is so vriendelik en simpatiek. Hulle noem my Cliffie en sê hulle is vreeslik jammer oor Bianca. Wie is Bianca? Is ek veronderstel om haar te ken? Wat steek hulle vir my weg?”