Die "klein mannetjie" met die reusestem

“‘Moenie my groter maak as wat ek is nie,’ het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. ‘Ek is,’ sou hy dan byvoeg, ‘maar ’n klein mannetjie.’ … Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van ‘Nessun Dorma’ uitbasuin: ‘Vincerò! Vin-ce-rò!’ Dit was ongetwyfeld dié ‘klein mannetjie’ met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet.”