Die Kaappunters by die Toyota US Woordfees 2023: "Ons sing oor versoening," vertel Riku Lätti

“Die Kaappunters is protesmusiek, maar dit is ook bedoel om protesmusiek te wees op so ’n manier dat dit eintlik vermaaklik (ook) moet wees. Met die Kaappunters wil ons eerlik praat met mekaar, want dit is deur hierdie stilte waar die bose mense die oorhand kry en mense vyandig maak, in die naam van die Afrikaner, die sogenaamde wit Afrikaner, teen die res van die land. Dit is nie wat ons wil hê nie. Ons is groter, ons is saam met die res van Suid-Afrika.”