Die Joons-kinners

“Toe begin Rudolph pakkies met neute vir die juffrou aandra. So een of twee keer ’n week. Nogal toegedraai in ’n mooi sakkie en toegebind met ’n gekleurde lint. Die juffrou kon sien dit was ou linte wat seker van laasjaar se kersgeskenkies af kom, maar sy het nie omgegee nie. Dis die gedagte wat tel.”