Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Van Gutenberg tot Zuckerberg – oor die beloftes en bedreigings van die nuwe tegniese era in die Suid-Afrikaanse universiteitswese

“Dit is die verantwoordelikheid van die eietydse universiteit om studente eerstens in te lyf in die oorspronklike vorm van hoë geletterdheid sodat hulle dit intelligent kan vergelyk met die vervalsings daarvan, naamlik groottaalmodelle, en dié tegnologie kan toe-eien en aanpas om hul vermoë om te dink, te verbeel, te vernuwe, te kan uitbrei en optimaliseer ten einde betrokke burgers te word van ’n land wat nog worstel om waarlik postkoloniaal, dit wil sê waarlik soewerein, te word.”